FOTO: verskaf

Ons hou van

Ons toets: Mary Cohr Perfect Gel Cleanser

Wat ’n gesigreiniger betref, is dit vir my die belangrikste dat my vel skoon, maar nie uitgedroog nie, moet voel nadat ek dit gebruik het. Ek is gek na Mary Cohr Perfect Gel Cleanser (R380), want my vel voel fantasties nadat ek dit gereinig het. Jy masseer ’n klein bietjie van die jel oor jou hele gesig. Dan vorm dit ’n wit, melkerige olie wat jy met louwarm water afspoel. Dit verwyder alle grimering. (Ek gebruik wel ’n spesiale reiniger vir ooggrimering voordat ek hierdie jel gebruik).

FOTO: verskafDie essensiële bestanddeel van die produk is kamelia-olie, wat vitamien A, B en E bevat. Die olie word vinnig deur die vel opgeneem en voed, bevog en beskerm terwyl jy reinig. Boonop ruik die produk baie lekker.

– Phyllis Green, senior-fotograaf en boekeredakteur by SARIE.