ons toets
Ons hou van

Ons toets: Maskara vir ’n grootoog-voorkoms

My oë is geneig om sensitief te wees wanneer ek maskara aanwend. Daarom wend ek gewoonlik net twee lae maskara aan, maar met sekere maskaraborsels kan jy skaars sien dat ek maskara dra. Hiér het Rimmel se Scandaleyes Retro Glam Mascara (R110) tot my redding gekom. Die uurglas-vormige borselhaartjies sorg dat my wimpers ná net een lagie bedek, gekrul en gelig word sonder om my oë te irriteer. Boonop lyk dit of my wimpers baie voller en langer is en skep die maskara ’n grootoog-voorkoms waaroor ek mal is!

Rimmel ScandalEyes Retro Glam Mascara in Black

Rimmel Scandaleyes Retro Glam Mascara in Black

FOTO: Phyllis Green

FOTO: Phyllis Green

 

 

- Monica Pienaar, skoonheidsassistent

 

 

 

 

 

Probeer ook dié maskaras: