ons toets
Ons hou van

Ons toets: Maskara wat volume gee

Die geheim van Max Factor Masterpiece Transform Mascara (R110) lê in die ontwerp van die borsel. Ek is gek na die smal silikoonborsel met gleufies pleks van haartjies. Dié borsel help dat ek tot teenaan die basis van my wimpers kan kom sonder om maskara teen my ooglid te mors. Ek kry ook die maksimum hoeveelheid produk op elke wimperhaartjie en my wimpers lyk onmiddellik voller en het meer volume. As jy die behoefte aan meer wimper-volume het, is dít die maskara vir jou. By Clicks.

Max Factor_Masterpiece Transform High Impact Volumising Mascara pack

Max Factor Masterpiece Transform Mascara

phyllis_green_03_small1_300w

 

 

Phyllis Green, senior fotograaf en boekeredakteur

 

 

 

Nóg skoonheidsprodukte wat die SARIE-span vir jou toets: