ons toets
Ons hou van

Ons toets: ’n Diep-afskilferings- behandeling wat sagkens werk

Gereelde diep-afskilferingsbehandelings (peels) hou vele voordele vir jou vel in. Dit takel nie net pigmentasie nie, maar verwyder ook enige dooie selle sodat jou vel stralend lyk én dit kan jou veltekstuur verbeter.

As jy skrikkerig is vir ’n diep-afskilferingsbehandeling, is dit goed om met een te begin wat sagkens werk.
Ek het al vir ’n hele paar van hierdie behandelings gegaan en ek het nog altyd goeie resultate gekry. Jou vel is gewoonlik effens rooi en sensitief ná die behandeling en kan soms ook ’n bietjie afskilfer (na gelang van hoe diep in jou vel die behandeling gedoen word).

Met Optiphi se diep-afskilferingsbehandeling het ek géén van dié ongemak ervaar nie. Die terapeut het begin deur my vel te reinig om alle grimering en olie te verwyder. ’n Serum is toe aangewend om rooiheid te voorkom. Daarna het die terapeut glikolsuur oor my hele gesig geverf. Glikolsuur is verantwoordelik vir die afskilfering en is bekend daarvoor dat dit die vervaardiging van kollageen kan help aanwakker. Ná 10 minute is ’n produk gebruik om die glikolsuur te neutraliseer. Die behandeling is afgerond met ’n serum, ’n masker wat my bevel bevog en kalmeer het en ’n sonskerm. Onthou, dis baie belangrik om ’n sonskerm te gebruik as jy ’n diep-afskilferingsbehandeling laat doen het. My vel was glad nie rooi of sensitief nie en het gesond en gloeiend gelyk.
Ek het die Optiphi Skin Peel (R650) by Pure Aesthetics in Orange Grove, Johannesburg, laat doen. Besoek hulle by www.pure-aesthetics.co.za. Dié behandeling is ook by ander uitsoeksalonne beskikbaar.

Alles wat jy oor diep-afskilferingsbehandelings moet weet

charis_2_310w

 

 

Charis Labuschagne, skoonheidsredakteur

 

 

Die ABC van afskilfering – lees meer!