ons toets
Ons hou van

Ons toets: Olieprodukte vir jou vel

Ek het nog nooit voorheen olieprodukte op my vel gebruik nie. Daarom het die splinternuwe Lipidol-produkreeks my aangenaam verras! Dit bestaan uit reinigings- en bevogtigingsolies wat jou vel se natuurlike lipiedelaag, wat deur die gebruik van water op jou vel verwyder word, aanvul.

Ek het die Lipidol Cleansing Body Oil (R80) gebruik. Aanvanklik was dit vreemd omdat dié lyfwas nie baie skuim op jou vel nie, wat dit laat voel asof dit nie jou lyf behoorlik reinig nie. My vel was egter ná die tyd sag en soepel sonder dat dit té olierig gevoel het. Boonop het die vars suurlemoenreuk my oortuig. Ek het ook die Lipidol After Shower Oil (R80) gebruik om my lyf te bevog. Dit is veral lekker om te gebruik nadat jy byvoorbeeld geskeer het omdat die olie jou vel streel, intens bevog en jou bene syglad laat voel. Beskikbaar by Clicks.

 

Monica Pienaar, skoonheid-assistent