ons toets
Ons hou van

Ons toets: Onderlaag vir stralende gelaat

Ek hou van ’n produk wat my vel natuurlik laat lyk sonder dat dit te veel moeite verg. Nou het ek die Guerlain Météorites Baby Glow Light-Revealing Sheer Make-Up SPF 25 in Clair (R750) ontdek! Dié onderlaag gebruik lig-reflekterende verbindings, wat van meteoriete afkomstig is, om jou vel ’n natuurlike douerige (dewy) voorkoms te gee sonder om jou vel olierig te laat. Ek wend dit met my vingers of ’n onderlaagborsel aan – dis so vinnig en maklik. My daaglikse grimeerroetine neem nou skaars 5 minute! Ek sou dié onderlaag aanbeveel vir almal wat van ’n natuurlike en minimale grimeervoorkoms hou. Beskikbaar by uitsoekwinkels van Edgars en Stuttafords

guerlain meteorites

Guerlain Météorites Baby Glow Light-Revealing Sheer Make-Up SPF 25 in Clair

FOTO: Phyllis Green

FOTO: Phyllis Green

 

 

- Monica Pienaar, skoonheidsassistent

 

 

 

 

 

Nóg produkte deur die SARIE-span getoets: