ons toets
Ons hou van

Ons toets: Onderlaag wat bevog

Ek is mal daaroor om ’n onderlaag te gebruik. Dit beskerm my vel teen die son, wind en koue en sorg vir ’n foutlose afwerking. My vel is dié winter egter baie droog. Ek het BioNike Defence Color High Protection Protective Foundation SPF 30 (R225) probeer. Al wat nodig is, is een spuitjie op my vinger, waarna ek dit maklik met my vingers oor my hele gesig skakeer. Dit gee ’n natuurlike en sygladde afwerking en bevog boonop my vel. Die onderlaag bevat ook ’n SBF van 30, so ek hoef nie ekstra sonskerm aan te wend nie.

bionike foundation spf 30

BioNike Defence Color High Protection Protective Foundation SPF 30

liesel_jhb_at2181896_200w

 

 

 

- Liesel Pienaar, redaksionele assistent

 

 

 

 

Nóg produkte deur die SARIE-span getoets