ons toets
Ons hou van

Ons toets: Onderlaag wat goed bedek

Ek hou daarvan dat Sensai Cellular Performance Cream Foundation (R1 155) in ’n glaspotjie verpak is, eerder as in ’n spuitbotteltjie. Die potjie bly skoon en netjies wanneer ek die produk met die spateltjie uitskep. Ek gebruik ’n borsel om die onderlaag eweredig oor my gesig aan te wend. Dit help om die onderlaag egalig en glad te laat vertoon. My vel lyk sysag en vogtig wanneer ek hierdie produk gebruik. Die onderlaag het baie goed gehou deur die dag en dit gee genoeg bedekking sodat dit enige vlekke verbloem. Beskikbaar by uitsoekwinkels van Edgars, Stuttafords en Dis-Chem.

sensai_cream_foundation_wh

Sensai Cellular Performance Cream Foundation

phyllis_green_03_small1_300w

 

 

- Phyllis Green, senior fotograaf en boekeredakteur

 

 

 

Nóg produkte spesiaal vir ons SARIE-lesers getoets