ons toets
Ons hou van

Ons toets: Oogjel vir vars en jonger oë

Soos ek ouer word, word die plooie en fyn lyntjies rondom my oë al hoe meer sigbaar. Selfs my ooglede het vir my begin lyk asof dit hang. Ek het al talle oogrome probeer sonder om ’n werklike verskil te sien, totdat ek La Mer The Illuminating Eye Gel (R1 480) ontdek het. Reeds twee weke ná ek dié oogjel begin gebruik het, lyk my oë vars en wakker. Ek wend dit twee keer ’n dag liggies met my ringvinger rondom my oë aan en danksy die jel-tekstuur is net ’n klein hoeveelheid op ’n slag nodig. Hoewel die fyn lyntjies om my oë nie heeltemal verdwyn het nie, lyk my vel nou fermer en meer plomp. Dis vir seker ’n produk wat werk!

FOTO: La Mer

La Mer The Illuminating Eye Gel FOTO: La Mer

- Antoinette Pienaar, SARIE-leser

Nóg produkte deur SARIE-lesers getoets