Ons hou van

Ons toets: Placécol se Essential Treatment with Microdermalaser

Ek is mal oor enige gesigsbehandeling wat jou vel goed afskilfer omdat dit jou gesig onmiddellik glad en gesond laat lyk. Ek skilfer my vel gereeld by die huis af, maar af en toe is dit nodig om dit by ’n skoonheidsalon te laat doen omdat die terapeut dikwels dieper in jou vel werk en meer van die dooie selle verwyder.

Met Placécol se Essential Treatment with Microdermalaser (R415) reinig die terapeut jou gesig voordat sy ’n spesiale toestel gebruik wat fyn kristaldeeltjies oor jou gesig blaas en jou vel poleer om van die dooie selle ontslae te raak. Dit werk sagkens genoeg sodat dit nie jou vel irriteer nie, maar is kragtig genoeg om jou vel egalig af te skilfer.

FOTO: Placécol

FOTO: Placécol

Volgende wend die terapeut ’n voedende masker op jou gesig aan. Terwyl die masker vir sowat 20 minute sy werk doen, word jou skouers gemasseer. Die gesigsbehandeling word afgesluit met ’n vogroom en sonskerm.

charis_2_310w

 

My vel was babasag en stralend ná die behandeling en ek kon nog vir dae daarna hierdie positiewe resultate sien. Die behandeling is gepas vir alle velsoorte, behalwe as jy ’n baie sensitiewe vel het. – Charis Labuschagne, skoonheidsredakteur  

Placécol het skoonheidsalonne landwyd. Besoek www.placecol.com of skakel 0861 11 22 22.