FOTO: verskaf

FOTO: verskaf

Ons hou van

Ons toets: Revlon Lash Potion Volume & Length Mascara

Ek sukkel nog altyd om die ideale maskara te kry. Ek is geseën met taamlike lang wimpers, maar met sekere maskaraborsels kan jy skaars sien dat ek maskara dra! Boonop gaan lê baie maskaras aan die einde van die dag onder jou oë.

Ek glo Revlon se Lash Potion Volume & Length Mascara (R139) is die oplossing vir my probleme. Die borsel skei my wimpers van mekaar sodat jy elke haar afsonderlik sien en dit trek my wimpers reguit om die volle lengte daarvan te beklemtoon. My wimpers lyk lank, dik en gedefinieerd en wanneer ek vanaand by die huis kom, lê daar nie ’n laag maskara onder my oë nie. Dit was ook saans maklik af.

Die formule bevat proteïene, noodsaaklike vitamiene en botaniese bestanddele wat jou wimpers sterk maak en bevog. Die borselhaartjies lê dig teen mekaar en gee jou wimpers volume en lengte  sonder dat dit klonte maak.

Elmari de Vos, skoonheid-intern by SARIE. FOTO: verskaf

 

Revlon Lash Potion Volume & Length Mascara is beskikbaar in Black, Blackest Black en Blackened Brown. Die Blackest Black en Blackened Brown is ook beskikbaar in waterbestande formules.

Elmari de Vos, skoonheidsintern