ons toets
Ons hou van

Ons toets: Romerige potloodblosser vir die lente

Grimeerpotlode vir jou oë en lippe is al ’n ruk lank gewild en deesdae maak al hoe meer blossers ook hul verskyning in potloodvorm. Ek was opgewonde om een van dié potloodblossers, die Smashbox L.A. Lights Blendable Lip & Cheek Color in Silver Lake Sunset (R320), uit te probeer. Eerstens is dié produk gerieflik en vinnig om te gebruik. Ek trek met die potloodblosser ’n lyn van die appel van my wange skuins opwaarts tot onder my slape. Daarna gebruik ek die sponsie aan die agterkant van die produk om met ligte sirkelbewegings die formule in te skakeer (jy kan dit ook met jou wys- en middelvinger doen). Dit maak dié blos ideaal vir haastige oggende of vir wanneer jy reis. Die romerige tekstuur gly maklik oor my wange en danksy fyn glinsterende deeltjies in die formule lyk my wange douerig (dewy) en stralend. Jy kan dit ook op jou lippe aanwend sonder dat die formule jou lippe uitdroog. Ek het net gevind dat ek die kleur in die middel van die dag weer moet opknap omdat die roomformule nie so lank soos ’n poeierformule hou nie.

PS_LALights_SilverLakeSunset_CMYK_HR -

Smashbox L.A. Lights Blendable Lip & Cheek Color in Silver Lake Sunset

FOTO: Phyllis Green

FOTO: Phyllis Green

 

 

- Monica Pienaar, skoonheidsassistent

 

 

 

 

Nóg grimeerprodukte vir jou getoets: