Ons hou van

Ons toets: Ryk en romerige handeroom

As jou hande voel asof dit van papier gemaak is omdat dit so droog is, is Lush Handy Gurugu Hand Cream (R120) net die ding vir jou.

Ek is mal daaroor dat jy regtig net ’n klein bietjie nodig het om jou hande te bevog. Die room bevat meer as 25 % galambotter, daarom is dit besonder ryk en romerig. Wat my die meeste beïndruk, is dat dit ’n produk met ’n gewete is – die galambotter word gekoop by ’n vroue-koöperatief in Ghana waar dit deur die vroue self in ’n klein dorpie gemaak word. Die room ruik ook heerlik, want dit bevat rooswater en vanielje. ’n Bonus is dat die potjie van 100 % herwonne plastiek gemaak is.

Maar wag, daar is meer – die produk werk regtig. Niks meer papierhande vir my nie!

Beskikbaar by Lush-winkels in die V&A Waterfront en Cavendish Square-winkelsentrum in Kaapstad en die Gateway-winkelsentrum in Durban, of besoek www.lush.co.za vir bestellings.

lush hand cream

Lush Handy Gurugu Hand Cream (R120)

phyllis_green_03_small1_300w

 

Phyllis Green, senior fotograaf en boekeredakteur

 

 

 

FOTO: Instagram @hokaytokay

FOTO: Instagram @hokaytokay