ons toets
Ons hou van

Ons toets: Sjampoe en opknapper vir blonde hare

Om jou hare gesond te hou, is dit belangrik dat jy die regte sjampoe en opknapper vir jou haartipe gebruik. My hare is my grootste mode-bykomstigheid en ek hou daarvan om elke ses weke my styl te verander. Deesdae verkies ek om my natuurlike blond effens ligter te laat kleur by die haarsalon. Omdat ek my hare kleur, is ek baie gesteld daarop om ’n goeie sjampoe en opknapper te gebruik wat dit bevog en glansend hou. Reflections Style Innovation Colour Revive Blonde Shampoo en Conditioner (R40 elk) bevat kamille- en suurlemoen-ekstrak en is spesiaal geformuleer vir blonde hare. Ek hou baie van die produkte, want dit droog nie my kopvel of hare uit nie, en boonop laat dit my hare mooi blink. Beskikbaar by Dis-Chem

phyllis_green_03_small1_300w

 

 

Phyllis Green, senior fotograaf en boekeredakteur

 

 

 

Dié produkte is ook deur die SARIE-span getoets: