Ons hou van

Ons toets: Sjampoe en opknapper wat bevog

Ek glo die drie maande wat ek Gary Rom Haircare Hydro Boost Shampoo (R235) en Conditioner (R270) gebruik het, het my hare baie goed gedoen. Ek sukkel soms met droë punte weens ’n verskeidenheid redes – haarkleur, stileerysters, die hitte van my haardroër én natuurlik elke dag se was. Dié produk is spesiaal ontwikkel om jou hare ’n ekstra vog-inspuiting te gee sodat droë hare makliker voorkom kan word. Dit werk soos ’n bom. Ek was veral mal oor die romerige tekstuur van die sjampoe, wat baie maklik in my hare geskuim het. Die sjampoe het my hare ook skoon laat voel én vir ‘n langer tyd skoon gehou terwyl die opknapper my hare gesond, sag en glansend laat voel het.

 

 

elmari1_200w

Elmari de Vos, webjoernalis

 

*Beskikbaar by Gary Rom-salonne vanaf R235