ons toets
Ons hou van

Ons toets: Slim toestel vir gesonde, mooi voete

Ek was aanvanklik skrikkerig om dié toestel te toets omdat dit met ’n hele lys waarskuwings kom. Nadat ek deur die lysie gelees het, het ek besef die twee belangrikste punte is: Gebruik Emjoi Micro-Pedi (R400) net op jou voete en hakskene, en sorg dat jou vel droog en skoon is.

Basies word belowe dat eelte en harde plekkies op jou voete binne sekondes verwyder word deur ’n unieke roller wat baie vinnig draai en só die harde vel sagkens wegskuur. Ná my aanvanklike voorbehoud is ek nou ’n aanhanger van dié toestel. Dis maklik om te gebruik, dis regtig doeltreffend en het binne sekondes die eelte op die bal van my voete verwyder. Die beste van alles is dat dit baie veilig is omdat dit nie jou vel sny nie. Dit werk met batterye en is ook maklik om skoon te maak. Nou kan ek met ’n geruste hart maar weer my hoëhakskoene dra, want ek het nou ’n oplossing vir die eelte! Beskikbaar by www.micropedi.co.za.

Emjoi Micro-Pedi (R400)

phyllis_green_03_small1_300w

 

 

Phyllis Green, senior fotograaf en boekeredakteur