ons toets
Ons hou van

Ons toets: Sonskerm vir jou lyf en gesig

Dis vir my baie belangrik om elke dag my vel teen die son te beskerm. En tydens die somermaande is ’n goeie sonskerm wat UVA- en UVB-beskerming bied ’n móét. Baie sonskerms is geneig om maklik taai op my vel te voel en ek sukkel gewoonlik ook om ’n sonskerm te kry wat nie my oë brand en die vel op my gesig irriteer nie. Die afgelope somervakansie het ek Vichy Idéal Soleil Hydrating Milk Face and Body SPF 30 (R340) gebruik. Ek was aangenaam verras! Dit het ’n ligte, vloeibare tekstuur wat maklik aanwend, vinnig in jou vel intrek en glad nie taai voel nie. Die formule is ook geskik vir ’n sensitiewe vel en kan op jou lyf én gesig gebruik word. My enigste klagte is dat die 300 ml-grootte buis net te groot is om gerieflik in jou handsak te pas. Maar dit sal perfek pas in ’n strandsak vir ’n dag op die strand saam met die hele gesin.

Idéal Soleil SPF30 Hydrating Milk

Vichy Idéal Soleil Hydrating Milk Face and Body SPF 30

FOTO: Phyllis Green

FOTO: Phyllis Green

 

 

- Monica Pienaar, skoonheidsassistent

 

 

 

 

 

Nóg son-produkte vir jou getoets: