FOTO: verskaf

FOTO: verskaf

Ons hou van

Ons toets: Stileer-yster van Remington

Die Remington Keratin Therapy Pro Straightener (R899) is deel van ’n splinternuwe reeks Remington-toestelle wat ontwikkel is om jou hare ekstra beskerming te gee.

Dié stileer-yster word binne 15 sekondes warm. Jy kan boonop die temperatuur op een van 5 verstellings tussen 160 en 230 ̊C stel. Die yster het ook keramiekplate wat met mikro-opknappers van keratien gevul is. Wanneer jy jou hare deur die yster trek, word dié opknappers na jou hare oorgeplaas vir ekstra beskerming.

Verder pas die stileer-yster se temperatuur vanself aan volgens die vlak van vog in jou hare.

FOTO: verskaf

FOTO: verskaf

As jy gewoond is aan ’n spesifieke stileer-yster is dit gewoonlik moeilik om skielik ’n nuwe een te probeer. So het dit my ook tyd geneem om gewoond te raak aan die Remington Keratin Therapy Pro Straightener. Maar toe ek eers die gevoel van dié stileer-yster gekry het, het dit baie maklik gewerk.

FOTO: verskaf

FOTO: verskaf

Dit maak my hare reguit én dan bly my hare die hele dag so. Die stileer-yster werk ook lekker wanneer ek my hare krul.

Onthou net wanneer jy stileer-ysters gebruik om altyd produkte wat jou hare teen die hoë temperature beskerm te gebruik. - Elmari de Vos, skoonheid-intern by SARIE.

*Beskikbaar by Clicks.