ons toets
Ons hou van

Ons toets: Stileerjel met ‘n strand-tekstuur

My hare is baie lank en golf natuurlik, daarom dra ek dit graag in ’n gemaklike en effense deurmekaar styl. Ek is ook lief vir die see en waar strand-hare ander soms kan irriteer, is ek mal oor die voorkoms en gevoel daarvan. Daarom hou ek baie van die splinternuwe Kevin Murphy Hair Resort Beach Texturizer (R350)!

Kevin Murphy Hair Resort Beach Texturiser (Rxx)

Kevin Murphy Hair Resort Beach Texturizer (R350)

Dié stileringsjel het my hare die perfekte strand-voorkoms en tekstuur gegee, maar dit nie grof of olierig gelaat nie. Omdat dit ’n jel is, is dit vinnig en maklik om aan te wend, veral as jy byvoorbeeld net jou haarpunte ’n bietjie tekstuur wil gee. Boonop ruik dit na klapper en sitrus, wat my aan ’n luilekker dag op die strand herinner. Onthou net om jou hare goed uit te kam voor jy gaan slaap omdat die gegolfde tekstuur jou hare makliker kan laat koek. Beskikbaar by uitsoeksalonne.

Monica Pienaar, skoonheidsassistent