Ons hou van

Ons toets: TheraVine™Advanced Cellular Gold Facial

Jou naam hoef nie Cleopatra te wees om te weet hoe voel 24 karaat goud op jou vel nie. TheraVine™ se UltraVine™ Advance Rejuvenating Gold Collagen Film maak nou deel uit van dié eg Suid-Afrikaanse produk se opwindende reeks teenverouderingsprodukte. Digitale redakteur by SARIE, Lou-Ann Stone, toets…

Die goue masker (sien foto) word ná ’n reinigingsroetine op jou gesig geplaas en die plantaardige kollageen-film vorm ’n vakuum op jou vel. Gedurende dié proses kan jou vel al die elemente optimaal absorbeer. En daarná blink jy behoorlik!

En dit is nou net hier waar wetenskap en luuksheid mekaar ontmoet. ’n Kragtige trio van askorbiensuur, retinol en kojiensuur (kojic acid), wat almal bekend is vir hul verhelderende effek op die vel, word gekombineer met pruim-ekstrak en druiwepit-olie.

Dit is ’n heerlike bederf! Klik by TheraVine se salon- en verskaffer-lys vir meer 

TheraVine™ is beskikbaar in meer as 200 spas en salonne landswyd of kontak ons gerus vir meer inligting by: 021 886 6623, info@theravine.co.za, www.theravine.co.za

Twitter: @TheraVineRSA of volg TheraVine™ op Facebook.