ons toets
Ons hou van

Ons toets: Toestel vir sagte voete

Hierdie tyd van die jaar dra ek graag sykouse, veral dié met patroontjies of uitbundige kleure. Dit laat my so effe vergeet van die winter wat sy kop uitsteek. Ek het die perfekte toestel ontdek om my voete sysag en wintergereed te hou vir my sykouse! Die Scholl Velvet Smooth Electronic Foot File (R400) is baie maklik om te gebruik, veilig en boonop gerieflik om skoon te maak. Net ’n paar sekondes se gebruik raak vinnig en sagkens ontslae van enige growwe, droë velletjies op my voete wat my sykouse kan beskadig. Dis maklik om die batterye in die handvatsel te vervang en die roller kom maklik uit sodat jy dit blitsig kan skoonmaak. Die toestel is ’n goeie belegging, want jy kan ook die roller vervang.

Pedi scholl electronic foot file

Scholl Velvet Smooth Electronic Foot File

phyllis_green_03_small1_300w

 

 

– Phyllis Green, senior fotograaf en boekeredakteur

 

 

 

Dié produkte is ook vir die komende winter getoets