ons toets
Ons hou van

Ons toets: Plaaslike handeseep en lyf-en-handeroom

Ek is altyd opgewonde om produkte te toets wat in Suid-Afrika deur Suid-Afrikaners gemaak word.

Die produkname van die Thembisa-reeks het my gefassineer, want hoe sal ’n produk met die naam After the African Rain dan nou ruik? Sal dit my herinner aan die reuk van die grond ná ’n goeie reënbui op die plaas, of sal dit eerder ruik na die reën in die stad?

Waar reën val en hoe dit ruik, ontlok verskillende emosies by my. Hierdie produkte herinner my so ’n bietjie aan albei reuke. Dit het ’n skoon, vars geur.

Ek hou baie van Thembisa After the African Rain Hand & Body Wash (R50) se tekstuur en hoe dit op jou hande en lyf voel. Dit droog glad nie jou vel uit nie.

Ek verkies ’n lyfroom met ’n stywer en meer romerige tekstuur. Thembisa After the African Rain Hand & Body Lotion (R50) is melkerig, tog bevog dit jou vel, sonder dat die reuk jou irriteer.

Die produkte is mooi verpak en die spuitpompies werk baie doeltreffend. Beskikbaar by uitsoekwinkels of skakel 076 359 8280.

thembisa produkte

Thembisa After the African Rain Hand & Body Wash (R50)

thembisa produkte

Thembisa After the African Rain Hand & Body Lotion (R50)

 

phyllis_green_03_small1_300w

 

 

 

Phyllis Green, senior fotograaf en boekeredakteur