ons toets
Ons hou van

Ons toets: Tuishaarkleur wat bevog

 Ek het natuurlike ligbruin hare en sal dit nie sommer kleur nie. Maar met die koms van die lente was ek lus vir ’n haarkleur-verandering, al wou ek nie noodwendig die kleur drasties verander of ’n hele dag in die salon deurbring nie. Ek het die splinternuwe L’Oréal Prodigy Extraordinary Natural Colour in Tan (R190) uitprobeer. Dié permanente tuishaarkleur gebruik spesiale oliekleur-tegnologie wat aan hare ’n multidimensionele voorkoms gee, terwyl dit ook jou hare bevog en glansend laat. Dit was maklik om die formule te meng en aan te wend. My hare is nou ’n donkerder skakering bruin, maar dit lyk steeds natuurlik. Dit het ook ’n pragtige goudbruin skynsel in die sonlig, waaroor ek mal is! Omdat tuishaarkleur geneig is om jou hare baie uit te droog was ek ook beïndruk met hoe bevogtigend dié produk is. Nadat ek my hare gekleur het, hoef ek, buiten my gereelde opknapper, geen ekstra bevogtigende produkte te gebruik nie.

loreal prodigy hair colour tan

FOTO: Phyllis Green

FOTO: Phyllis Green

 

 

- Monica Pienaar, skoonheidsassistent

 

 

 

 

Lees meer oor tuishaarkleur: