ons toets
Ons hou van

Ons toets: Unieke haarborsel om jou hare mee uit te blaas

Hare wat uitgeblaas is, lyk gesond en glansend sonder enige kroeserigheid. Tog kon ek dit nog nooit regkry om my hare doeltreffend tuis uit te blaas nie. Dit was tot ek die Britse haarproduktereeks Tangle Teezer se nuwe Blow-Styling Hairbrush Full Paddle (R360) probeer het. Anders as ronde borsels is dié unieke borsel plat en reghoekig met groot, stewige tandjies wat verder uitmekaar is. Dit sorg dat meer warm lug jou hare bereik en dit vinniger droog word. Die borsel gly ook stewig deur jou hare sonder om dit te trek. Ek blaas my hare vinnig en maklik uit deur met dié borsel stadig van bo na onder deur my hare te kam. Maak seker die tande van die borsel wys na buite om volume te skep. As jy gereeld jou hare uitblaas, sal ek vir seker dié haarborsel aanbeveel! Beskikbaar by uitsoeksalonne.

tangle teezer paddle brush

Tangle Teezer Blow-Styling Hairbrush Full Paddle

FOTO: Phyllis Green

FOTO: Phyllis Green

 

 

- Monica Pienaar, skoonheidsassistent

 

 

 

 

Nog haarprodukte spesiaal vir jou getoets: