Ons hou van

Ons toets: Veerligte lipstiffie

Deesdae hou ek daarvan om my voorkoms op te kikker met ’n helder oranje lipstiffie. Tans is die splinternuwe REVLON Ultra HD Lipstick in Geranium (R145) die ster-lipstiffie in my grimeersakkie. Danksy ’n nuwe jel-formule (eerder as die tradisionele was-formule) gly dit maklik aan en voel nie swaar op jou lippe nie.

Ek wend een lagie aan vir net ’n tikkie kleur of nog ’n paar lae om die kleur meer intens te maak. Dit maak dié lipstiffies perfek om altyd in jou handsak rond te dra. Boonop het elke lipstiffie ook ’n heerlike mango- en vanielje-geur. Kies tussen 10 skakerings wat na blomme soos die asalea, iris, pinksterroos en poinsettia vernoem is.

REVLON Ultra HD Lipstick in Geranium

REVLON Ultra HD Lipstick in Geranium

FOTO: Phyllis Green

FOTO: Phyllis Green

 

 

– Monica Pienaar, skoonheid-assistent

 

 

 

 

 

Nóg produkte wat deur die SARIE-span getoets is