ons toets
Ons hou van

Ons toets: Verfrissende voetmasker

Die Skin Republic Foot Active Foot Mask (R43) bestaan uit twee plastieksokkies wat aktiewe bestanddele bevat. Wanneer jy dit oor jou voete trek, voel dit onmiddellik of jy jou voete in ’n ysbak druk. Die koue gevoel is vanweë die peperment- en bloekomekstrak wat jou voete afkoel. Argan-olie, avokado en galambotter bevog jou voete, terwyl die ander aktiewe bestanddele help om rooiheid en moegheid teen te werk en die bloedsomloop in jou voete aan te wakker. Ná 20 minute trek jy die sokkies uit en masseer enige oortollige vloeistof in jou voete. My voete het verfris en glad gevoel. Dit was ook maklik om te gebruik en glad nie morsig nie. Die 20 minute wat jy lê en ontspan, is ook nie te versmaai nie!

Skin Republic Foot Active

Skin Republic Foot Active Foot Mask

phyllis_green_03_small1_300w

 

Phyllis Green, senior fotograaf en boekeredakteur

 

 

 

 

 Nóg lyfsorgprodukte vir jou getoets: