ons toets
Ons hou van

Ons toets: Voet-behandeling

Ek sukkel regdeur die jaar met baie droë vel op my hakke en dit maak my selfbewus om in die somer sandale te dra, want ek kan dit dan nie wegsteek nie. Hoewel ek dit tuis kan probeer takel, help dit altyd wanneer ek vir ’n behandeling by ’n salon gaan. Ek was onlangs vir die Milk Solutions Heel Peel. Dié reeks produkte het heerlike geure soos Milk & Honey en Pomegranate & Grapefruit.

Die Heel Peel behels dat ’n produk aan jou voete, veral hakke, gewend word wat werk om die droë, dooie selle te verwyder. Dit bevat natriumhidroksied wat die proteïen-verbindings tussen die dooie selle oplos en verder uitdroog sodat dit makliker verwyder kan word. Hulle skraap dan die dooie vel af voor hulle dit skuur. En jy kan nie glo hoeveel oortollige vel daar is nie!

FOTO: Pinterest

FOTO: Pinterest

Daarna word jou voete vertroetel met allerhande heerlike produkte soos ’n afskilferaar en Liesl du Toitlyfbotter om dit sag te laat. Boonop kry jy ’n voetmassering! My hakke was superglad ná die behandeling en het vir byna ’n maand so gelyk. Dit is net belangrik om te onthou dat jy steeds jou voete tuis met ’n goeie room moet versorg. – Liesl du Toit, skoonheidsassistent

* Die Milk Solutions Heel Peel-salonbehandeling kos R330 en word by uitsoeksalonne gedoen. Vir jou naaste salon, skakel 011 784 0376.