ons toets
Ons hou van

Ons toets: Vogroom vir gedehidreerde vel

Een van die grootste uitdagings met my vel – winter en somer – is dehidrasie. Om een of ander rede is my vel net nooit goed genoeg bevog nie. Verskeie velsorgterapeute het al raad en oplossings gegee, maar dit bly maar ’n probleem. Oxygenetix Oxygenating Moisturizer (R850) is die eerste vogroom wat ’n reuse-verskil gemaak het. Dis ’n ryk vogroom wat maklik absorbeer. Omdat dit nie gegeur is nie, is dit ook perfek as jy ’n sensitiewe vel het. Jy kan dié room selfs gebruik nadat jy ’n chemiese afskilferingsbehandeling (peel) of laserbehandeling laat doen het. Ek gebruik dit al ’n paar weke en kan sien én voel my vel is baie meer bevog as gewoonlik. Skakel 011 706 2518 vir jou naaste verskaffer.

oxygenetix moisturizer-new

Oxygenetix Oxygenating Moisturizer

FOTO: Leana Clunies-Ross

FOTO: Leana Clunies-Ross

 

 

 

– Charis van den Heever, skoonheidsredakteur

 

 

 

 

Nóg produkte spesiaal vir jóú getoets