nimue
Ons hou van

Ontwikkel

Alle Nimue-verpakkings is herwinbaar en dié skoonheidshuis gebruik ook ál meer Ecocert-bestanddele in hul produkte. (Ecocert is ’n Franse liggaam wat  bestanddele as organies klassifiseer.)

Die sleutel-bestanddeel in Nimue Body Lotion (R205) is Kigelia Africana (met ’n anti-inflammatoriese en  verfermingseffek op die vel) en dit word verskaf deur Afriplex en PhytoTrade Africa – liggame wat die ekonomiese potensiaal van Afrika se natuurlike hulpbronne ontwikkel.

Hulle voorsien internasionale kliënte met innoverende, natuurlike produkte uit Afrika wat verkry word van volhoubare bronne.