picture_6
Ons hou van

Op stel saam met die nuwe groot name in Hollywood

Dié jaar het die Amerikaanse tydskrif, Vanity Fair, besluit om die ou-Hollywood voorkoms vir hulle jaarlikse Hollywood-uitgawe (Maart 2012-uitgawe) na te maak, en ons dink dit lyk pragtig! 

Nuwe gesigte soos Rooney Mara (Oscar-benoemde vir haar rol as Lisbeth Salander in Girl with the Dragon Tattoo), Elizabeth Olsen (ewe stylvolle suster van die Olsen-tweeling), Jessica Chastain (saam met Brad Pitt in Tree of Life en vir ‘n Oscar benoem vir haar rol in The Help) en Mia Wasikowska (wat ons as Alice in Tim Burton se Alice in Wonderland leer ken het) herinnner aan destyds se aktrises met hul rooi lippe, romantiese haarstyle en elegante satynrokke in sagte pastelle – een van vanjaar se grootste trendkleure vir mode en dekor. 

Die dekor is in ‘n wonderlike Art Deco-styl wat herinner aan die jazz-era.

Bekende fotograaf, Mario Testino, het vir die eerste keer dié Hollywood-voorblad vir Vanity Fair geskiet.

Kuier agter die skerms saam met Hollywood se nuutste grootste name!