Ons hou van

Sterre se Kersfees-herinneringe

Ryan Reynolds, Boss Bottled Night


Wat was jou gunsteling Kersfees?

Dit was omtrent so 10 jaar terug. Ek was op pad na my familie in Vancouver toe ’n sneeustorm uitbreek en die onringende paaie toegemaak moes word. So is ek in ’n klein dorpie op British Columbia in Kanada gestrand! Ek het vir drie dae op ’n vloer in die plaaslike gemeenskapsentrum geslaap en noodkos geëet wat deur die Kanadese weermag afgelewer is. Dit was vir my wonderlik om deur vreemdelinge omring te wees wat vir mekaar omgee in buitengewone omstandighede. 

Watter reuk herinner jou aan Kersfees?

Die reuk van ’n Fraser denneboom. 

Wat is die beste Kersgeskenk wat jy al gekry het?

Dit is sonder twyfel ’n geraamde foto van my en my drie broers. Ek is nog ’n baba, en ons is van groot na klein gerangskik. Ons het almal sulke lelike ligblou pakkies aan. Ek het dié foto vandag nog.

Sienna Miller, Boss Orange Woman


Wat is jou vroegste herinnering van Kersfees?

My suster wat skree omdat daar ’n groot E.T (die ruimtewese in die Steven Spielberg-fliek) speelding by haar Kersfeeskous uitgesteek het! 

Wat was jou gunsteling Kersfees?

Toe ek die dag, drie dae voor my 21ste verjaardag, saam met my familie op ’n strand in Meksiko deurgebring het. 

Wat is jou top drie voorstelle vir geskenke dié jaar?

Boss Orange Woman, die volledige werke van EE Cummings, en luukse sy slaapklere.

Orlando Bloom, Boss Orange Man


Watter geur herinner jou aan Kersfees?

Geure van gemmer en dennebome is iets wat ek altyd aan Kersfees koppel. 

Wat is die beste Kersgeskenk wat jy al gekry het?

Behalwe vir die geboorte van my seun, was my gunsteling-geskenk nog ’n go-kart wat ek by my ouers gekry het toe ek baie jonger was. Ek was so opgewonde!

Wat is jou vroegste herinnering van Kersfees?

Al my vroeë herinneringe is van vreudevolle tye wat saam met familie en geliefdes deurgebring is.

Jared Leto, Hugo Just Different


Wat was jou gunsteling Kersfees?

Elke jaar is vir my op sy eie manier spesiaal. My verjaardag is die dag na Kersfees, en my ma verjaar ’n week voor dit. So die hele week is ’n feesviering! Ons nooi graag vriende oor wat nie ander planne vir die dag het nie en eet almal heerlik saam. 

Wat is jou vroegste herinnering van Kersfees?

Toe ek so twee of drie jaar oud was. Ons was baie arm toe ek grootgeword het, en my ma, wat baie kunstig is, het ons altyd aangemoedig om vir mekaar presente te maak. 

Watter geur herinner jou aan Kersfees?

In byna al die huise waar ek al gewoon het was daar ’n kaggel, en vuur wat brand herinner my aan Kersfees. Vandat ek in Kalifornië bly is daar nie meer rede om om ’n kaggel te vergader nie. Ek mis dit.