Ons hou van

Parfuum wat ‘rock’

Hoe dan anders as die gesig van dié parfuum die blou-oog, donkerkop Jared Leto, sanger van die groep Thirty Seconds to Mars, is?

“Ons wou ’n ambassadeur vir die nuwe Hugo mansparfuum gehad het wat die eksperimentele aard van die handelsnaam verpersoonlik. Jared is presies só ’n man”, sê Hugo Boss-parfuum se Globale Bemarkingsdirekteur, Gerd von Podewils.

Volgens Von Podewils het Jared ’n nuuskierigheid wat maak dat hy heeltyd op die uitkyk is vir oorspronklike idees. Hy is ook nie skaam om sy eie styl af te druk om sy persoonlikheid en kreatiwiteit te wys nie.

“Die Hugo man soek inspirasie in alles rondom hom en kyk uit vir ongewone en onverwagte dinge en ervarings”, sê Jared.

Jared is nie net ’n rocker nie. Hy is ook bekend vir sy rolle in flieks soos Requiem for a Dream, Panic Room, Girl Interrupted en Fight Club.

Die advertensieveldtog word in Julie 2011 wêreldwyd geloods.

Lees ook meer oor die gesig van Boss Orange