FOTO Pantene

FOTO Pantene

Ons hou van

Pas jou haarstyl by jou gesigvorm? Vind só uit

Hoe weet jy of daardie nuwe haarstyl wat nou in die mode is by jou gesig sal pas? Ons het raad!

Lizanne Erasmus van Gary Rom Hairdressing deel wenke hoe om die beste haarstyl vir jou gesigvorm te kry.

Bepaal eers jou gesigvorm

• Ovaal
• Hartvormig
• Rond
• Vierkantig
• Lank

Jennifer Aniston  FOTO: Gallo Images / Getty Images

Jennifer Aniston
FOTO Gallo Images / Getty Images

As jy ’n ovaalvormige gesig het, is jou voorkop en kakebeen min of meer ewe breed. Jy’s gelukkig, want lang én kort haarstyle lyk goed by jou gesigvorm.

Moets: Probeer ’n haarstyl met langer lae of sagte krulle.

Moenies: Swaar kuiwe.

Celeb-inspirasie: Jennifer Aniston

 

FOTO: Gallo Images / Getty Images

Jessica Alba FOTO Gallo Images / Getty Images

As jou voorkop en wangbene breër is as jou kakebeen, het jy ’n hartvormige gesig. Vermy haarstyle wat korter as jou kakebeen is.

Moets: ’n Lang bob en medium tot lang haarstyle met lae wat onder jou kakebeen begin.

Moenies: Kort haarstyle en soliede kuiwe, vermy ook volume aan die boonste deel van jou kop.

Celeb-inspirasie: Jessica Alba

Lees oor wat jy oor jou hare moet weet

FOTO: Gallo Images / Getty Images

Kate Winslet FOTO Gallo Images / Getty Images

 

Ronde gesigte is min of meer net so lank as wat dit breed is. Haarstyle wat skouerlengte en langer is pas beter by hierdie vorm. Lae wat onder jou kakebeen begin, sal jou gesig langer laat lyk.

Moets: Sagte golwe of reguit hare met volume bo (en nie langs jou ore nie). ’n Sagte kantkuif verbloem ’n ronde gesigvorm.

Moenies: Kort haarstyle en reguit kuiwe.

Celeb-inspirasie: Kate Winslet

 

Katie Holmes op die voorblad van New York- tydskrif

Katie Holmes op die voorblad van New York- tydskrif

’n Breë voorkop en ’n hoekige kakebeen is die eienskappe van ’n vierkantige gesig. Medium-lengte haarstyle is ideaal vir hierdie gesigvorm.

Moets: Sagte, veeragtige lae met baie tekstuur.

Moenies: Middelpaadjies, reguit kuiwe en soliede lyne.

Celeb-inspirasie: Katie Holmes

Droë olies – wat dit vir jou hare doen

Jennifer Lawrence FOTO: Gallo Images / Getty Images

Jennifer Lawrence
FOTO: Gallo Images / Getty Images

As jou gesig langer is as wat dit breed is het jy ’n lang gesigvorm. Korter haarstyle lyk mooi by jou gesigvorm. Vermy soliede kuiwe en reguit stilering omdat dit jou gesig langer gaan laat lyk.

Moets: ’n Langer, sagte kuif.

Moenies: Middelpaadjies en hare wat langer as skouerlengte is.

Celeb-inspirasie: Jennifer Lawrence

 

Nóg wenke van die Gary Rom-span

• Gee jou fyn hare ekstra volume
• Winterwenke vir jou hare
• Volume vir lang winterhare