Phillips
Ons hou van

Philips kry eerste reeks professionele haartoestelle

Philips het verlede week ’n splinternuwe professionele haardroër en -yster bekend gestel wat ontwikkel is om jou hare mooi te laat lyk, met minder skade. Die Pro-reeks is Philips se eerste professionele haartoestelle in Suid-Afrika.

’n Unieke klep in die voorste gedeelte (nozzle) van die Philips Pro Dryer (R1 299)  keer dat jou hare oorverhit en jou nek, ore en hande brand. Sodra die haardroër begin oorverhit, gaan dié klep oop sodat oortollige hitte kan ontsnap en die temperatuur van die haardroër se lug afneem.

Omdat die Philips Pro Straightener (R1 299) se plate van titanium gemaak is, is dit baie glad en gly dit maklik oor jou hare sonder dat hare trek en breek. Die yster se temperatuur verskyn op ’n digitale skerm op die toestel en jy kan die hitte self verstel en reguleer.

*Beskikbaar by uitsoeksalonne landwyd. Gaan na www.philips.co.za of Philips se Facebook-blad vir meer inligting.