Ons hou van

Pienk hare vir borskanker

L’Oréal span saam met die Look Good Feel Better Foundation en Gary Rom Hairdressing om geld in te samel vir borskanker. Jy kan eerskomende Donderdag 11 Oktober tussen 09:00 en 13:00 die L’Oréal-hoofkantoor* besoek en ’n pienk haarverlenging teen R150 kry ten bate van borskanker. 

’n Deel hiervan sal aan die Look Good Feel Better Foundation geskenk word. 

Maak ’n afspraak om ’n pienk haarverlenging te kry by Charmaine Joubert, tel.

011 286 0700 of 084 752 8975, of stuur ‘n e-pos na cjoubert@za.loreal.com

* The Woodlands Office Park, Gebou 17, Woodlands-rylaan, Woodmead, Johannesburg