Ons hou van

Pienk hare vir omgee

Kyk net wat doen SA se bekendes om borskankerbewustheid te skep.

Cindy Nell, voormalige Mej. SA, en die TV-persoonlikheid Elana Afrika wys hulle gee om met pienk haarverlengings van Great Lengths.

Dié hare is 100% natuurlike menshare en die wins uit die verkope van hierdie verlengings word gedurende September en Oktober aan die Kankervereniging van Suid-Afrika geskenk.

Jy kan ook met hierdie verlengings spog: Besoek een van die 250 Great Lengths-salonne landwyd en vat pienk kop toe!

Dit duur minder as 5 minute om die verlengings in te sit en dit kan tot 2 maande mooi lyk in jou kapsel. (Een verlenging kos R80.)

Vir meer inligting, besoek Great Lengths se webtuiste of skakel 010 001 8888.