Ons hou van

Pienk lippe in die winter

Die kleur wat jy kies om te dra kan ’n groot verskil maak aan hoe jy voel en hoe ander jou sien. Selfs die kleinste tikkie kleur, soos op jou naels of lippe, het ’n invloed.

Kikker vandag saam met die SARIE-span jou winter op met ’n pienk lipstiffie! Perskepienk, helderpienk, pastelpienk … daar is een vir jóú velkleur én persoonlikheid!

I got hot pink in my bag swag featuring Color Riche Pink Fever 285 #colorriche #pinkobsession #lorealmakeup

A photo posted by L’Oréal Paris Makeup (@lorealmakeup) on

Van al die kleurryke lipstiffies is pienk die gewildste onder vroue, moontlik omdat dit die naaste aan jou natuurlike lipkleur is. Pienk is ’n vertroostende, kalmerende kleur en simboliseer ook geluk en positiwiteit. Dit skep die gevoel van optimisme. In ’n wêreld wat swaarkry, is pienk beslis ’n kleur wat ons nodig het.

As jy met helderder lipkleure wil begin eksperimenteer, is pienk ’n goeie kleur om mee te begin omdat dit nie te uitspattig is nie. Kies eers ’n ligter, rosige skakering en belê dan in helderder skakerings waarmee jy gemaklik voel.

Kies jou staatmaker-pienk:

Vir ligte gelaatskleure …

Voel jy … Romanties en gesofistikeerd? Probeer pastelpienk.

teapinkVars en vrolik? Probeer vaalpienk.

pienkVir donker gelaatskleure …

Voel jy … Opgewek en elegant? Probeer perskepienk met ligte geel ondertone wat jou gelaat verhelder.

peachAvontuurlustig en sexy? Probeer helderpienk vir kyk-na-my-lippe! 

helderDié skakerings lyk mooi by alle gelaatskleure

Voel jy … Elegant en sprankelend? Probeer ballerinapienk.

brightpinkRomanties en subtiel? Probeer roospienk.

blakeSexy en waaghalsig? Probeer bessiepienk vir intense kleur.

jlo

Kies jou lippe-voorkoms

Lipstiffie + lipomlyner = langdurige kleur

Kleur eers jou lippe heeltemal in met ’n lipomlyner in dieselfde kleur as jou lipstiffie voordat jy die lipstiffie aanwend. Die kleur sal dan langer hou.

Lipstiffie + verbloemer = ’n voller mond

Tik verbloemer in die hoeke van jou mond voordat jy lipstiffie aanwend. Dit vul die “holtes” in en laat jou mondgedeelte voller en jonger lyk.

Lipstiffie + lipglans = gevlekte lippe

Lippe wat lyk asof dit net effens met kleur gevlek is, lyk natuurlik en vroulik. Tik ’n helderpienk lipstiffie liggies met jou ringvinger op jou lippe. Wend dan ’n deursigtige lipglans of lipsalf aan jou bo-lip en pers jou lippe saam om die kleur te versprei.

Só lyk gevlekte “ombré”-lippe

Ombré lips for daaaaaays on @soojmooj by our makeup artist @karimrahmanmakeup #worthit #lorealista

A photo posted by L’Oréal Paris Makeup (@lorealmakeup) on

Probeer een van dié pienk lipkleure

Pastelpienk

L’Oréal Paris Collection Exclusive La Vie en Rose in Julianne (R155)

Vaalpienk

Smashbox Be Legendary Lipstick in Panorama Pink (R260)

Perskepienk

Dior Addict Lipstick in Tribale (R615)

Helderpienk

Max Factor Lipfinity Long Lasting Lipstick in Just Alluring (R170). By Clicks

Ballerinapienk

Bodyography A Kiss To The Classics Matte Lip Color in Lolita (R230). By uitsoektakke van Placecol-, Dream Nails- en Perfect 10-salonne

Roospienk

Clarins Rouge Eclat Satin Finish Age-Defying Lipstick in Hot Rose (R300)

Bessiepienk

Revlon Ultra HD Matte Lipcolor in HD Addiction (R155)

Lees nou

5 maniere om jou uitgeblaasde haarstyl langer te laat hou!

Eet sjokolade sonder skuldgevoel