Ons hou van

Pienk lippetaal

Kry helder kleur en ’n romerige tekstuur met Maybelline Color Sensational Lipcolor (R99,95). Stel een van hul opwindende pienke op die proef – soos Pink Me Up, Let Me Pink of Hooked On Pink.

Vir nog glans, volume én kleur probeer Dior Addict Ultra-Gloss in Pink Flirt (R275) – geïnspireer deur die agter-die-skerms-wêreld van Dior-modevertonings.