elizabeth_arden
Ons hou van

Plant ‘n boom

’n Webwerf (www.maketheworldaprettierplace.com) om boomplant aan te moedig is een van Elizabeth Arden se bydraes.

Daar deel jy jou idees oor wat ons elke dag kan doen om die wêreld mooier te maak. Vir elke persoon wat kommentaar lewer, plant Elizabeth Arden ’n boom deur Trees for the Future. “Skoonheid is nie net uiterlik nie, maar ook ’n weerspieëling van die gevoel wat ons kry wanneer ons help om terug te gee aan die wêreld,”sê die webwerf.

Dis geïnspireer deur Elizabeth Arden se vrolike geur Pretty (R295 vir 30 ml EDP).