visuel2
Ons hou van

‘n Gloeiende gelaat

Guerlain Precious Light Illuminator (R495) is ‘n towerstaffie wat jou vel help ontwaak, terwyl dit terselfdertyd donker kringe en merkies verbloem en behandel.

Om vel-elastisiteit te bevorder het Guerlain hierdie produk ook verryk met mirre. Dié bestanddeel is eeue gelede deur die Egiptenare gebruik as ‘n gesigmasker en deur antieke Griekse soldate geloof vir sy helende, medisinale eienskappe.