Ons hou van

Produkte met Afrika-geure

Dié produkte is al vir ’n geruime tyd aanlyn te koop, maar nou is dit ook by hul eerste winkel, in Hyde Park in Johannesburg, te kry. 

Jy kan kies tussen die twee reekse wat beskikbaar is: Verdure (wat ‘groenigheid’ beteken), met note van peperment, sitrus en patsjoelie, en Ochre (’n geelbruin kleur), met geure soos kaneel, naeltjies en lemoenblaar (petitgrain). 

Die eerste Malée-winkel in die Hyde Park Corner-winkelsentrum in Johannesburg is die skepper van dié produkte, Zeze Oriaikhi, se trots.
Malée-produkte is steeds aanlyn beskikbaar, maar nou kan jy ruik en toets voor jy iets koop.
Die groot verskeidenheid Malée-produkte by hul heel eerste winkel.

* Malée-produkte is te kry by hul eerste winkel in die Hyde Park Corner-winkelsentrum in Johannesburg, of koop aanlyn by www.maleeonline.com

  • Zyna van der Merwe

    baie mooi! wens jul die beste toe met jul nuwe winkel! dis wonderlik om Afrika produkte en temas te sien! hou so aan! xxx