Ons hou van

Produkte van die Khoi-San

Die stigter en direkteur, Carina Franck, het in die Kalahari grootgeword en vertel dat sy van jongs af geweet het dat die erfenis van dié land en sy nederige mense deel is van haar siel.

“Dit was vir my belangrik om die totale woestyn-ervaring – die kleure van die aarde, rou teksture en seldsame reuke – vas te vang, en tydens spa-behandelings word die antieke geheime van die woestyn deur aanraking, gehoor, reuk en visuele interaksie oorgedra.”

Die Kalahari-reeks is ook eko-vriendelik en bevat botaniese bestanddele wat op ‘n verantwoordelike manier verkry word, terwyl die verpakking 100% herwinbaar is.

Kalahari Spa International fokus ook op opheffingswerk en ondersteun die klein Kooppan-speelskool waar Khomani Khoi-San-kinders onderrig word. Hier het hulle lopende water aangelê en help om die Khoi-taal vir toekomstige generasies te bewaar. (Tans is daar net 6 mense oor wat die oorspronklike Khoi-taal kan praat!)

Carina sê oor dié produk: “Ons het daarin geslaag om ‘n produk van wêreldgehalte te skep, terwyl ons teruggee aan die Kalahari-woestyn en sy gemeenskap.”