Ons hou van

Rock met die Grunge Glamour-reeks

Nou kan jy jou rockdae herleef met Kangol se Grunge Glamour-reeks.

Naellak, oogskadu en lipglans in helder kleure sal verseker dat jy terugkeer na ’n tyd toe rock-musiek rof, onbeskof en net eenvoudig revolusionêr was.

Vul jou grimeersakkie met dié parmantige kleure aan:

Naellak (R49) in Sonic Youth, Violet Femmes, Sound Garden, Heavy Petal, Deep Purple en Nirvana.

Oogskadu (R65) in Pearl Glam en Nevermind.

Lipglans (R49) in Kiss en Grunge Glamour.

Die reeks sal in Maart beskikbaar wees eksklusief by Truworths takke.