sr0910skoonheid
Ons hou van

Rooi op jou vingerpunte

Ikoniese rooi

Nadat Uma Thurman Chanel Nail Colour in Rouge Noir (R260) in die rolprent Pulp Fiction gedra het, het die kleur kultusstatus verkry.

Spa-rooi

Die wêreldberoemde Franse pedikuur-kunstenaar Bastien Gonzalez het hierdie jaar sy One&Only Red-naellak (wat hy spesiaal vir die One&Only-hotelgroep geskep het) bekend gestel. Dit bevat geen skadelike formaldehied of tolueen nie.  Dis tot dusver die enigste kleur in sy versameling, en rooi was die ooglopende keuse: “Waarom pienk of beige kies as naels in elk geval daardie kleure kan wees?” sê hy.  “Valentino het sy rooi aandrok, Christian Louboutin sy rooi sole, so Bastien kan sy rooi naellak hê!”

Loopplank-rooi

Essie se naellakreeks put kleur-inspirasie uit die jongste loopplank-versamelings. Die nuwe Essie Lacquered Up (R85) word beskryf as ’n “sensuele, verleidelike” rooi.

LIPWENKE

“Wend twee lae lipstiffie aan en klad met ’n snesie – dit verhelder die kleur en sorg dat jou lipstiffie langer hou,” sê Karen Taylor, produkbestuurder van L’Oréal.

“Rooi lipstiffie kan in die lyntjies om jou mond ‘bloei’. Keer dit met ’n lippotlood soos L’Oréal Color Riche Anti-feathering Lipliner (R104,95) in die kleur naaste aan jou natuurlike velkleur.”

 

  • http://triichidfjzz.com/ rgclpr

    qroR6X xznelqftqvec, [url=http://hszcnosypvzt.com/]hszcnosypvzt[/url], [link=http://falpzcrcdiko.com/]falpzcrcdiko[/link], http://eeuajzvxkdwk.com/