Ons hou van

Rooi vir jou gemoed

Nou weet ons hoekom: “Rooi is die warmste kleur in die spektrum en het die laagste vibrasie,” sê Anne Roselt, kleurbestuurder by Plascon.

“Vanweë die laer vibrasie het dit ʼn groter impak op ons. ʼn Rooi lipstiffie is byna soos iets om na uit te sien, iets wat jy weet energie en opwinding beloof,” sê sy.

■ Probeer M.A.C se Cream Team Lipstick in Lickable vir ʼn kits-“terapie-sessie”.