Pretty Powerful Pot Rouge - dié produk is verlede jaar ten bate van liefdadigheid verkoop FOTO: verskaf

Ons hou van

SA deel van Pretty Powerful

Met dié veldtog wil Bobbi bydra tot verskeie welsynsorganisasies wat vroue en jong meisies bemagtig. Soos wat die jaar aangaan sal ‘n spesifieke produk bekendgestel word waarvan die volle bedrag geskenk sal word.

Die eerste produk is die Pretty Powerful Pot Rouge (R340) wat jy op jou lippe én wange kan aanwend! Elke sent van dié produk word plaaslik geskenk aan HeartBeat, ‘n organisasie wat sorg vir kinders wat deur HIV geraak is.

Die bydrae van Bobbi Brown sal gaan om meisies in dié organisasie ‘n opvoeding en lewensvaardighede te gee om sélf Pretty Powerful vroue te word!