metaalo_
Ons hou van

Sagte metaal-oë

Chanel se nuutste oogskadu-skakerings vir hul Illusions D’Ombres-reeks weerspieël dié tendens. Sagte weergawes van goud, silwer, brons, platinum en nóg meer kleure sal jou laat uitblink! Of jy nou op pad is na ’n spesiale aand-geleentheid, of net jou kantoor-voorkoms wil opkikker, is ’n metaalkleurige oogskadu die antwoord.

Volg Chanel se kreatiewe direkteur van grimering, Peter Phillips, se voorbeeld by ’n onlangse Chanel-modevertoning en voeg ’n tikkie ligte silwer by jou gekose oogskadu-kleur vir daai bietjie glans.