img_2531_310w
Ons hou van

SARIE beantwoord jóú skoonheidsvraag: Bang om jou voete te wys? Hier’s raad!

Met die lente wat dié naweek amptelik begin, wil ek graag weer sandale dra. Maar hoe gemaak met my voete wat in ’n slegte toestand is ná die droë winter? – Anoniem.

Die internasionaal-bekende chiropodis (voetheelkundige), Bastien Gonzales het ‘n salon, Pedi: Mani: Cure Studio, by die One and Only-hotel in Kaapstad. Hy beantwoord ‘n paar voet-vrae.

Hoe behoort jou daaglikse voetsorgroetine te lyk?
Dit moet maklik wees en jy moet dit geniet! As jy nog ongetroud is, maak seker ’n daaglikse voetmassering met voetroom voordat jy gaan slaap, is deel van jou huwelikskontrak! Moenie kouse aantrek ná die massering nie, want dan trek die room in jou kouse in pleks van jou voete.

Wat moet jy onthou as dit by voetsorg in die somer kom?
In die somer dra vroue graag naellak op hul tone, maar onthou, te veel naellak beskadig jou naels.

Wat is die beste manier om droë hakke te behandel?
Die beste is om vir ’n voetbehandeling by ’n salon te gaan. Doen jy dit self, kan jy ’n goeie voetroom met ’n waterbasis gebruik om jou voete te masseer. Die room en die massering sal jou vel se soepelheid herstel. Dis egter nie genoeg om net room aan te smeer nie, jy moet ook jou hakke skrop om van dooie selle ontslae te raak. Maar onthou, moet nooit jou hakke skrop as die vel droog is nie. Skrop dit in warm water, wat die vel sag maak sodat jy nie so hard hoef te skuur nie.

Bevog en voed die vel van jou droë hakke met die Skin Republic Foot Repair Foot Mask (R43). Skin Republic Foot Peel Foot Mask (R85) verwyder die dooie selle.
*Beskikbaar by jou naaste Red Square, Edgars, Dis-Chem en Clicks.

Skin Republic Moisture Intense Foot Mask

Skin Republic Foot Peel Foot Mask