img_2197
Ons hou van

SARIE beantwoord jou skoonheidsvraag: Watter skakering oogskadu pas die beste by my oogkleur?

Ons beantwoord vandag nóg een van jul skoonheidsvrae.

Watter kleur oogskadu pas die beste by blou oë? – PJ van der Merwe op Facebook.

Elsa Marais, ’n nasionale opleidingsbestuurder van Revlon, antwoord.

Bruin skakerings en ’n pruimkleur lyk gewoonlik mooi by blou oë. As jy bruin oë het, behoort jy eerder skakerings van smaraggroen of ’n diep pers te probeer. ’n Diepbruin én ’n diepblou-skakering lyk albei mooi by groen oë!

Hoe kies jy die?

Vermy eerder oogskadu met glans as jy ouer is, want dit beklemtoon fyn lyntjies.