carlize voorblad
Ons hou van

SARIE Voorbladgesig-wenner: Kry só haar voorblad-voorkoms

Carlize Earle van George is gisteraand tydens ’n glansgeleentheid as die algehele wenner van SARIE se Voorbladgesig van die Jaar 2015 aangewys! Kyk uit vir die Oktober-uitgawe van SARIE, met Carlize se pragtige voorblad, wat van volgende week op die rak is.

Lees meer oor Carlize en hoekom sy ons wenner is!

Só is sy prentjie-mooi vir die voorblad gemaak

(Hou jou muispunt oor die kolletjies om uit te vind hoe om dié grimeervoorkoms te kry.)

*FOTO: Leana Clunies-Ross

Gebruik dié produkte van Max Factor beskikbaar by Clicks om Carlize se voorblad-grimeervoorkoms te skep:

  • Onderlaag: Max Factor Face Finity All Day Flawless 3 in 1 Foundation in Light Ivory (R220)
  • Blos: Max Factor Crème Puff Blush in Lovely Pink (R120)
  • Oogskadu: Max Factor Excess Shimmer Eye Shadows in Onyx en Crystal (R130)
  • Maskara: Max Factor Masterpiece Glamour Extensions 3-in-1 Mascara in Black (R110)
  • Lipstiffie: Max Factor Colour Intensifying Balm in Sumptuous Candy (R110)
  • Wenkbrou-potlood: Max Factor Eyebrow Pencil in Ebony (R90)

VIDEO: 100 jaar van lingerie in 3 minute

Gebruik dié produkte beskikbaar by Clicks om haar voorblad-haarstyl te kry:

  • Blaas hare in ’n kits uit met BaByliss Pro Shine Light Dryer (R559)
  • Beskerm en herstel jou hare voor stilering met Schwarzkopf Gliss Serum Deep-Repair Extreme Serum (R100)

Is David Beckham die volgende James Bond?